
Sommige huise vra nie om afgebreek te word nie... hulle wag bloot vir iemand met visie. Hierdie ruim familiehuis bied die geleentheid om 'n tydlose woning met goeie fondamente en ruim vertrekke te omskep in 'n moderne meesterstuk.
Gelee naby skole en die dorp, bied hierdie groot familiehuis die perfekte geleentheid vir 'n koper wat bereid is om 'n bietjie op te knap en hul eie stempel af te druk.
Die woning beskik oor:
* 5 Ruime slaapkamers
* 3 Badkamers
* 3 Groot leefvertrekke
* Ruim kombuis met uitstekende moontlikhede
* Dubbelmotorhuis
* Buitekamer en stoorkamer wat maklik omskep kan word in 'n gerieflike "Granny Flat" of selfs 'n tuiskantoor.
Die bestaande uitleg bied uitstekende potensiaal om met slim veranderinge omskep te word in 'n moderne oopplan-woning waar die hele gesin saam kan leef en kuier.
Die groot erf bied volop ruimte vir kinders om veilig te speel, troeteldiere om rond te hardloop en selfs toekomstige uitbreidings of 'n swembad.
Hierdie is perfekte geleentheid om waarde toe te voeg en 'n pragtige gesinshuis volgens jou eie styl te skep.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie. Kontak my vandag om 'n privaat besigtiging te reel.
Sign in to see the full listing
Features, rooms, price history and location — free with an account.
Based on live for-sale listings in this suburb.
Average Price/m²
Hidden
Properties Analyzed
Hidden