
OP SKOU SLEGS MET AFSPRAAK
Hier is jou geleentheid om ’n pragtige en netjiese woning te besit in een van die gewildste kusdorpe aan die Tuinroete. Geleë in ’n goed versorgde kompleks met lae heffings, bied hierdie eiendom gerieflike en sorgvrye leefstyl, ideaal vir permanente bewoning, vakansieverblyf of as ’n belegging.
Die woning spog met ’n ruim leefarea wat naatloos aansluit by ’n praktiese kombuis met baie kasruimte. Netheid, funksionaliteit en gemak is kenmerkend van hierdie uitnodigende huis.
’n Besonderse bonus is die dubbelmotorhuis wat omskep is in ’n ruim onthaal- en leefarea, volledig toegerus met ’n ingeboude braai en ingeboude kaste. Hierdie veelsydige ruimte is perfek vir gesellige kuieraande saam met familie en vriende.
Skuifdeure bied maklike toegang, terwyl ’n rolmotorhuisdeur steeds toegang verleen tot die motorhuisgedeelte wat ook as ekstra slaap- of kuierplek benut kan word.
Sign in to see the full listing
Features, rooms, price history and location — free with an account.
Based on live for-sale listings in this suburb.
Average Price/m²
Hidden
Properties Analyzed
Hidden